Die TV-host lees van sy cue cards en vra vi my, “If I could have dinner with anyone dead or alive, it would be . . .?” Ek antwood, “Amazing.” Die gehoor lag. Die TV-host sit sy vingers bymekaa soes sousies en bring dit na sy lippe vi ’n chef’s kiss, “Briljant, very funny.” Ek hettie getry om snaaks te wiessie. Miskien het ek sy vraag verkeerd beantwoord omdat ek soe distracted is, ek sukkel al heeltyd om oppie onderhoud te fokus. Ek’s te gepla nadat ek vroeër gesienit hoe die TV-host die toilet velaat sonne om sy hanne te was. Ek het met horror gekyk hoe hy soentjies vi sy fans blaas en vi hulle hi-fives gie. Hulle dink sieke ek is onbeskof, wan ek’t oppie verhoog gekô en gemaak of ek hommie sien ytreik vir ’n handshake nie. Ek’t net gan sit en probee om eye contact te hou tewyl ôs praat, maa my blik val heeltyd op sy hanne. Ek kannie help om al sy movements te time soedat ek sy touch en alles waaraan hy raak kan vermy.
Die TV-host sê, “One more time; If I could have dinner with anyone dead or alive, it would be?” Ek sê, “Alive, preferably.” Hy gooi sy cue card oo sy skoue en lig sy wenkbroue op virrie audience. Ek wiettie vi wat lag ammel nie, my antwood is korrek. Die TV-host se mossagheid voel soes ’n matter of life en death vi ieman soes ek wat van kleins af ’n vrees vir kieme het. Ek issie kin wat my favourite cutlery byrie hys weggestiekit soedat nieman annes it kon gebryk en hulle germs daaop kry nie. Pouse oppie playground het hulle my stingy genoem omdat ek vi nieman ’n stukkie wou gie nie. Ek’t op ’n skool kamp flou geval van dehydration wan my wate was kla en ek’t geweier om ’n slukkie van ieman annes se bottel te vat. Ek was ’n klein stressball op pad om ’n full-on germaphobe te wôd, maarie skiem issie baie accommodating vi sukke kwale nie. Sê vi ’n Quantum vol mense wat hul taxi fare vorentoe stuu, “Sorry, I don’t touch coins,” en kyk of jy ongedeerd daaryt klim. Is sukke tipe gemeenskaplike blootstelling-terapie wat ’n kiemfobie-diagnosis verhoed it. Soes ek ouer gewôdit, het it al maklike geraak om my irrasionele vrese te laat vaar.
Toe kô Covid ennie morbid fassinasie wat ôs mettie virus gehadit, het al my ou gedrag truggebring. Maa nou was ekki mee ’n freak omdat ek anhoudend my hanne wou wassie, ôs hettit ammel gedoen. In soe ’n tragiese tyd het ek troos gevind innie wete dattie wêreld met my opgecatch it, dat ammel net soe neuroties soes ek was oo hygiene. Ek was naïef om te dink dattie pandemie ’n blywende ytwêking op ôsse dirty habits sou het. Blykbaa konnie meeste mense hul hygiene vrese baie vinnag laat vaar innie afgeloepe tyd narie inperkings. Ek notice hulle wassie mee hul hanne nie, hulle maakit net nat. Hulle hou nie mee hul hoes innie, maa hoes oepebek en dink dat hulle “Moenie worry nie, issie Covid nie,” verdydelikings vertroostend is. Maa ek is ’n OG (Original Germaphobe), my vrees vi kieme precede die pandemie en my nerves bly deesdae klaa. It lyk of my fobie trug is. It het my soe distract ek konnie eesie TV-host se vraag reg antwood ie. Hy praat staarag om vesieke te maak ek vestaan, hy repeat, “If I could have dinner with anyone dead or alive, it would be?” Ek kyk weg van sy hanne, “Anything without gluten.”