Ek’s vegetarian maa soms lus mens net virre stuk vleis. Ek sê altyd vi myself is fine as ek ’n tjop iet as daa iets is om te celebrate, en hierie wiek se Mandela Day was riede genoeg vi my om 67 happies yt ’n 100% beef burger te niem.
Ek’t ’n take-away aanlyn bestel by ’n restaurant net hie ookant ie skiem. Toe ek my burger wil gan collect, sien ek ie main road tussen ie skiem ennie restaurant was geblok met bakstiene en vlammende tyres. Die pad was vol klompie kinnes met griewelike smiles wat karre met klippe gooi en kat en mys mettie polisie speel. Assitie vi allie blou ligte wassie sou ek gedinkit ek’s by ’n graad sewe skoolkamp braai, nie ’n impromptu protes ie.
Ek’tie restaurant gebel om te sê die entrances is toe, ek wiettie hoe ek nou by hulle ga yt kô ie. Die kelner sê my kos is gereed en hy kan my verder af innie pad kry. Ek’t ytie kar yt geklim en innie opposite rigting vannie protes geloep ommie waitor te ontmoet. Hy’t ees vi my die kaatmasjien versigtig deu ’n lectric fence aan gegie, en toe ’n styrofoam-bakkie met my burger daain. Ek nog my arem oorie hek gehou om hom sy tip te gie, maa hy’t oo my skouer gekyk, agtentoe getree en onmiddellik omgedrai. Toe hoo ekkie skote klap. Geskriery wat klink soes kinnes op skool pouse het al nabyre gekô. Ek konnie meerie burger rykie net pieper vannie teargas. Ek’t gevries toe ek sien hie haloep allie kinnes na my toe. Hulle tien my gekap en gestoot, ek hettie ’n anne keuse gehad but om saam hulle te haloep ie. Toe ek omdraai, sien ek is ’n polisieman wattie kinnes jaag.