My hek maak ’n helse geraas wanne mens it oep maak. Ek skrik veoggen wakke met daai gelyd. Ek verwag geen gaste ie. Ieman briek by my hys in. Ek spring ytie bed en kry my crowbar. ’n Dun figuurtjie inne swart hoodie staan annie ander kant van my safety gate. Ek dink watse hardkoppige skelm is nou die wat bly staan ná hulle gevang is? Ek willie neighbours alert narie intruder in my jaat. Ek skrie hard “Back up!” soese cop inne movie. Die outjie by my voodeu gie my ’n smile sonne tanne. Hy sê, “Ek ko nou net ytie tronk yt. Ek het my saak gewen.” Ek vryf ie slaap yt my oë en kyk na sy ingesinkte gesig vol tjappies. Die wit van sy oë is bloodshot maarie heuningbruin kleur van sy iris is familiar. “Sexy Eyes, issit jy?”
Ek onthou Sexy Eyes assie darling in ôsse straat. Die mooiste seun innie buurt, hy’t vyf jaar inne ry die Mr Ocean View Pageant gewen.
Daai’t veanne nadat crystal meth innie gemeenskap aangekô et. Sexy Eyes was een van tik se eeste slagoffers. Ôs het alkohol, boem, buttons en rocks gehad, maa daardie substances hettie compare mettie scope van vernietiging wat tik gebring hettie. Tik wasse nuwe ding en nieman kon imagine hoe it die aanvanklike gebrykers binne ’n paa maane onherkenbaar sou maakie.