Ek en my chommie was al kla laat virrie Early B concert maa toe haa ouma hoo dat ek ’n skrywer is, insist sy dat ek ees ’n koppie tea drink voo ôs haa hys velaat. Mama wil oo boeke praat. “Ek miss soe om te lees, maa my oë is nou te swak.” Sy sê haa obsessie met boeke het begin nadat haa gesin met forced removals yt hulle oorspronklike hys verwyder is toe sy nog ’n kin was. Mama is een van hierie Stellenbos skiem se eestse residents. “Vannie oomblik toe hulle my hie gesmytit het ek die plek gehaat.” Die rusteloosheid van haa jeug is gevoed deur haa gunstelling medium van drome – romans. “Ek was soe kwaad virrie wereld ek wou met nieman praatie. Nie ees die anne kinnes ie. Wanne hulle byte gespeelit was my kop in ’n boek gebere. My favourite wassie stories wat op ver plekke afspeel. Lees was hoe ek escape it ytie bekrompenheid vannie wêreld waarin ek myself gevindit.” Mama wou die plekke sien waaoo sy geleesit. “It was my grootste droem om Duitsland toe te gaan.
“Ek wou net hierdie plek verlaat. Ek wou travel, wan die wêreld het vir my gesê ek kan nie, en wanne jy iets aan my ontken, wod it net mee desirable.” Apparently was haa pa soe bekommed oo haa nood ommie skiem te velaat, hy’t boeke byrie hys verbied. “Hy’t gesê die stories sit net idees in my kop, dat hulle begeertes skep wat ontstellend is. Ek moet gesukkelit om boeke innie hanne te kry. Ek het anne dae boeke gesteel!” Mama lig haar koppie om ’n sluk te vat maa mis haar mond, die laaste slukkie Twinings drup oo haa ken.
My chommie maak ’n TikTok video van ôs innie kar oppad narie Early B concert. Ek sê it lyk my sy’s net sof veslaaf aan haa phone as Mama oo haa paperbacks was. Sy disagree, “Nooitie. Die dinge wat Mama in boeke geliesit is fantasy. My phone wyssie real life, is hoe dinge rerag is.” En sy sit die derde filter oo haa video. Ek sê ammel hettie reg om te fantaseer, is ôsse imagination wat ôs mens maak.