“Kan jy dit sien?” Dawie projekteer sy video recording vanne groot wolk oor Tafelberg teen ie muur in sy vookamer. “Kyk na die vorm, kyk na die kleur, dit is nie ’n wolk nie.” Die silhoeët van sy mullet-haarstyl wôd kleiner soes hy innie lig vannie projektor narie muur stap. “Kan jy dit sien?” Ek sien nette cumulonimbus, maa miskien is die soes daai optical illusions wat back in the day die centrefold vannie Huisgenoot was. Ek staar ie wolk met skeel oë. “Dit is ’n UFO, ek sê vir jou!” sê Dawie gefrustreed. Ek glimlag beleefd maa ek’s ’n bietjie teleurgesteld. Dawie het my na sy hys genooi mette belofte van onmiskenbare fotografiese bewyse van alien life nadat ek ’n siniese comment inne local online UFO sightings-groep gemaak het.
“Hou net jou oë op die wolk,” sê Dawie, en hy gaan tyn toe met sy tripod en videokamera. Ek stuu vinnig vi my emergency contacts ’n pin van my location mette boodskap wat sê hulle moet my hie ko soek as ek vermis raak. ’n Paa minute late skrie Dawie my naam, ek moet byte ko wan daa vlieg nou ’n UFO bo sy hys! Sy duur kamera wys hemelwaarts, hy brêg oorie specs, “65 times optical, 260 times digital”. Hy draai die lens staarag, “Het jou, katvis! Kom kyk”. Sy opgewondenheid is aanstieklik. Ek’s nou heel excited virrie real life UFO. Ek kyk narie klein skermpie annie kant van sy videokamera. Al wat ek sien, is net nog wolke. Ek is convinced die ou vat my virre pop. Maa dan skei die wolke en ek sien ’n klein drywende dotjie. Die son laat it helder wit skyn. Issit ’n voël? Issit ’n plane? Dawie zoem mee in. Die dotjie raak groter. It lyk vi my bekend. Ek onthou soe iets yt my kinnedae. It lyk presies soes ie balloons wat ek en my niggies gemaaket toe ôs ôsse ouers se leë silwer papsakpakkies opgeblaas et. Dawie sê, “Hierdie selfde spacecraft cruise die afgelope paar weke bo my huis”. Ek dink: Ja, outjie, jy bly dan in Woodstock, ek issie verbaas dattie Cape Doctor ’n konstante stroom Cape Style-sakkies bo jou straat waai nie. Dawie haal sy kamera vannie driepoot af en haloep innie tyn rond, volg die kamstage UFO se trajek.
Ek kannie gloe dat ek allie pad hientoe geko et net omme re-enactment van American Beauty se pakkie innie wind-scene te kykie. Ek vra vi Dawie wat issie punt met sy recordings. Wat wil hy hê moet gebee? Hy sê “Ek wil met hulle kommunikeer”. Hy vetel my van sy vriendin, ’n clairvoyant wat gloe telepaties mettie UFO operators kan praat. Toe sy hulle vra wat hulle hie doen, het hulle gesê: “We are here for Dawie and it’s time for the chosen sons to rise.”