Op ’n boekfees in Cradock (Nxuba) het Christi van der Westhuizen weer besef hoe belangrik dit is dat Suid-Afrikaners hulle in mekaar se skoene moet kan plaas.
Terwyl Suid-Afrika met sy grootste verknorsings sedert die demokratiese oorgang worstel, wek die kreatiwiteit en toewyding van die mense van Suid-Afrika darem nog hoop op.
Dít was weer my besef by die Etienne van Heerden Veldsoirée, ’n jaarlikse boekefees wat die afgelope naweek in die historiese Oos-Kaapse dorp Cradock hervat het.