Die ANC het ’n lang geskiedenis van misdadigheid en misbruik – voor, tydens en ná bannelingskap, skryf Christi van der Westhuizen.
Suid-Afrika is hinkepink, maar die ANC is hard aan die planne beraam oor hoe om steeds daaruit munt te slaan. ’n Mens kan hierdie soort politiek “ramppolitiek” noem, want dit floreer op rampe – heelparty self geskep.
’n Mens moet die ANC se nuwe idee om die kragkrisis as ’n ramptoestand te verklaar, lees saam met die jongste onthullings oor die korrupsie met die bou van die wanfunksionerende Medupi- en Kusile-kragstasie.