Hoe vaar die beginsel van vryheid van spraak in vandag se verdeelde wêreld en is dit ’n absolute reg, vra Christi van der Westhuizen.
Die viering vandeesweek van die Wêrelddag vir Persvryheid gebeur op ’n tydstip wanneer vryheid van spraak in al hoe groter gevaar verkeer.
Die bedreiging kom nie net van regerings en leiers soos Wladimir Poetin nie, maar ook van die private sektor en magtige sakelui soos Elon Musk.