Christi van der Westhuizen skryf die gedeelde nood wat verkrummelende infrastruktuur en dienste veroorsaak, noop Suid-Afrikaners nou om mekaar die hand te reik.
Wat het geword van die politieke verbeelding wat so kenmerkend van die 1990’s was? Om hierdie vraag te vra spreek nie bloot van heimwee nie. Die opportunistiese magte wat al weer saamspan, hierdie keer om die land op 20 Maart met ’n sogenaamde nasionale “shutdown” as gyselaar te probeer hou, herinner aan hoe dringend politieke antwoorde nodig is.
Om daardie antwoorde te vind moet ons verstaan wat skeefgeloop het en hoe ons die verbeelding van die 1990’s verloor het. ’n Nuwe boek waartoe ek ’n hoofstuk bygedra het, lê besoek af by een van die idees wat deel van die woordeskat van die 1990’s gevorm het – naamlik die idee van “verskoning”.