Nie beleid of nuwe idees nie, maar toegang tot die staatskoffers oorheers gesprekke binne die ANC, skryf Christi van der Westhuizen.
’n Nuwe peiling deur die Brenthurst-stigting wys wat ander ook suggereer: dat die ANC sterk die gevaar loop om by die 2024-stembus minder as 50% steun te kry.
Maar die party is nou so afhanklik van sy toegang tot die staatskoffers vir die verskaffing van patronaat dat dié vraag ontstaan: Sal ANC-lede sonder slag of stoot daardie toegang opgee? Of, in geval van ’n moontlike koalisie, sal hulle bereid wees om die toegang tot staatshulpbronne op nasionale vlak met ’n ander party te deel?