’n Uitstappie om kruideniersware te gaan koop in die grendelstaat is soos iets uit ’n toekomsfiksiefliek, skryf Willemien Brümmer.
Ek het gedink dit sou iets feesteliks wees. Die soort ding waarvoor jy jou Sondagklere aantrek, waar mede-ingeperktes in die grendeltyd mekaar gemoedelik groet.
Selfs ’n grappie of twee sou sekerlik nie skade doen tydens ’n kruideniersware-uitstappie nie?