’n Verswakte en verdeelde ANC maak die plaaslike politieke toneel baie opwindend aan die vooraand van die plaaslike verkiesing, maar dié party is nog nie verslaan nie, skryf die DA se Cilliers Brink.
Verlede week se uitspraak van die konstitusionele hof het soos ’n bom in die ANC se gesig ontplof. Dis nog te vroeg om te sê, maar die skade is dalk onherstelbaar.
In die laaste munisipale verkiesing in 2016 het die DA die ANC verbygesteek in Tshwane en Nelson Mandelabaai, en die ANC tot onder 50% gedruk in Johannesburg en Ekurhuleni.