Hy is huiwerig om na JC Pauw as die “vader” van die NG Sendingkerk te verwys omdat dit nie die komplekse geskiedenis van kerkverdeling binne die NG Kerk op grond van ras behoorlik weergee nie, skryf Leslie van Rooi.
Prof. Fransjohan Pretorius het onlangs ’n rubriek geskryf wat meer vertel oor die fassinerende geskiedenis van die prominente historiese figuur JC Pauw.
In die rubriek word Pauw onder meer beskryf as die vader van die voormalige NG Sendingkerk (NGSK).