Gunstige resultate is behaal in die aanvanklike toetse op ’n niepsigoaktiewe bestanddeel van dagga vir die voorkoming of behandeling van Covid-19.
Die wetenskaplikes wat by die studie betrokke is, is egter bekommerd dat die onlangse beriggewing oor die middel kannabidiol (KBD) se vermoë om Covid-19 te stuit, in groot mate oordryf word.
Die bevindings moet nog aan streng kliniese toetse onderwerp word en is nou eers in die eerste fases, beklemtoon die navorsers.