Sy is nou al vir ’n hele ruk ’n motiveringspreker. Sy doen ook coaching, maar sy kom nie genoeg daarby uit nie. Haar skedule is reeds vol tot in Oktober.
Verlede week was sy in die Kaap vir praatjies en werksessies. Die vorige week was dit Krugersdorp. En Dinsdag is sy in Polokwane. Sy is so gebless ná die hel waardeur sy met haar egskeiding en haar pa se dood is.
Maar nou is sy vry, nou kan sy oral gaan en met haar hartsmense gesels en hulle inspire to be the best they can be. By besighede. By kerke. By skole. By almal wat haar wil hê.