Op my rekenaar se skerm staan hulle in ’n voorstedelike sitkamer: ’n jong man en ’n ouer vrou, albei haar hande in syne. Iewers in die verte weerklink ’n huis se alarm.
Wit teëlvloer. Muurhorlosie. Oudtydse toonkas.
“Dankie, Vader, vir tannie Patricia,” bid die jong man. “Dankie vir haar lewe, u gees en die waarheid.”