Dankbaar vir ’n huis sonder bloekombome

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Annelie Botes
Annelie Botes

’n Maand voordat ons in 1998 Baai toe getrek het, het ons op ’n dag gery om te kom huis soek. Ons had min keuses as dit kom by stipulasies, want ons Bedford-huis was nog nie verkoop nie en ons moes dus twee verbande betaal. My enigste voorwaarde was dat ek nie uit ons nuwe huis ’n bloekomboom wil sien of ruik nie. Dis ál.

Op my grootwordplaas het ’n bos bloekom­bome knap bokant die huis gegroei. As my pa ons Vrydae by die koshuis kom haal vir die naweek, en ons stop op die werf, was ek wurgnaar van karsiek oor die draaitjiesrige, stowwerige Kammanassiepad. As ek die bakkiedeur oopmaak, was die reuk van bloekomolie walglik. As ons Maandae terugry koshuis toe, was die bloekoms die laaste verdrietbeeld van vier nagte weg van my ma.

Die enigste voordeel van die bloekoms was dat dit ’n teelaarde was van mierleeus. Die gogga­tjies wat ’n sandhopie met ’n gaatjie in die middel opstoot. As jy met ’n stokkie in die gaatjie krap en na die mierleeu roep, kom hy uitgekruip. Dan kan ek my geheime, vrese en toekomswense vir die mierleeu vertel. Maar heeltyd ruik ek bloekomolie.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Rand - Dollar
16.63
-0.1%
Rand - Pond
20.14
-0.3%
Rand - Euro
17.02
-0.5%
Rand - Aus dollar
11.62
-0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.3%
Goud
1,792.82
+0.2%
Silwer
20.64
-0.2%
Palladium
2,199.50
-2.0%
Platinum
941.00
-0.4%
Brent-ruolie
96.65
+1.8%
Top-40
63,771
0.0%
Alle aandele
70,266
0.0%
Hulpbronne 10
65,045
0.0%
Industriële 25
85,829
0.0%
Finansiële 15
15,741
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos