Met ’n paar belangrike voorbehoude lyk dit vir Dawie of pres. Cyril Ramaphosa se skoonmaakproses in die ANC in ’n mate vorder en dat sy boodskap van organisatoriese vernuwing dalk wortel skiet.
Kortliks: Te oordeel aan die benoemings vir die topses-ANC-poste (ook bekend as die nasionale werkkomitee) is Ramaphosa en sy kamp goed geplaas om dié slag ’n meerderheid hier te kry.
Ramaphosa se 2 037 benoemings plaas hom ver voor dr. Zweli Mkhize se 916.