Met die dood van FW de Klerk onthou Leslie van Rooi ’n gesprek wat dié oudpresident in 2013 waarin hy dit duidelik gemaak het dat hy hoop vir die toekoms van Suid-Afrika het.
Gedurende my rol as hoof van die Frederik van Zyl Slabbert Instituut vir Studenteleierskapsontwikkeling (FVZS) aan die Universiteit Stellenbosch (US) was ek bevoorreg om verskeie denkleiers te ontmoet.
As deel van die Instituut se programaanbod kon ons gereelde diskoerskafees hou wat ’n platform gebied het om gesprekke tussen denkleiers en studente te bevorder. Dit was ’n eenvoudige konsep – studenteleiers nooi denkleiers landwyd uit om met hulle te gesels oor kwessies van die dag.