Pres. Cyril Ramaphosa se ekonomiese herstelplan is deur die meeste gesaghebbende organisasies in die private sektor verwelkom.
Buiten die voorspelbare voorbehoude oor die herhaling van beloftes en die afwesigheid van spesifieke teikendatums vir sommige van die voorstelle, was die objektiewe en deurdagte kommentaar oorwegend gunstig.
Ramaphosa was opmerklik selfversekerd tydens die bekendmaking van die herstelplan, wat uiteraard raakvlakke met die nasionale tesourie se nuwe ekonomiese groeiplan toon.