Dit lyk vir hom asof die klem in “wokeness”-debatte deesdae meer val op egtheid, om jouself te wees en om ander hulself te laat wees, skryf Leslie van Rooi.
Debatte binne die paradigma van sogenaamde “wokeness” is steeds deel van vele gesprekke. Dink maar aan die huidige openbare debat oor of die Proteas moet kniel voor wedstryde of nie.
Die gesprekke wat hiermee verband hou, word gereeld gekenmerk deur diep polariserende verdelingslyne.