Die geweldpolitiek van Julius Malema is noodlottig gewond, skryf Koos Malan.
Ferial Haffajee beskryf op 21 Maart 2023 in Daily Maverick die Economic Freedom Fighters (EFF) as Suid-Afrika se party van geweld.
Haffajee het gelyk. Julius Malema en sy volgelinge noem hulself per slot van sake vegters. En hierdie “vegters” dra meer bepaald fisieke betekenis.