Tot vandag toe weet ek nie wie die persoon was of wat aanleiding tot die gebeure gegee het nie, maar ek onthou steeds hoe ek gevoel het toe ek ’n veer en die handgeskrewe aanhaling lank gelede op my lessenaar ontdek het.
“Die berggans het ’n veer laat val / van die hoogste krans by Woeperdal / my hart staan tuit al meer en meer / ek stuur vir jou die berggansveer / mits dese wil ek vir jou sê / hoe diep my liefde vir jou lê” – “Die berggans het ’n veer laat val”, Boerneef.
Ek bewaar dit steeds.