Gerugte oor planne dat die Universiteit Stellenbosch wil wegdoen met manskoshuise laat die idee ontstaan dat die Khampepe-spook uiteindelik begin loop, skryf Frederik van Dyk.
Hardnekkige gerugte dat die Universiteit Stellenbosch (US) sekere van die studentewonings in sy vloot manskoshuise in vroue- of gemengde koshuise wil omskakel, het onlangs in Rapport verskyn.
Dit sal nie ’n oordrywing wees om hierdie gerugte, in verskeie vorms oor die jare heen, as ’n eksistensiële vrees vir ’n menigte manskoshuisbewoners en US-alumni te beskryf nie. As oud-primarius van Helshoogte onthou ek hoe die gerug amper seisoenaal sy loop geneem het en dit was dikwels die bekommernis van talle grootoog-mede-inwoners, gewoonlik oor ’n bier of twee in die kleiner ure van die Bolandse nag.