In my vorige bydrae tot dié rubriek, op 14 Desember, het ek onder meer geskryf:
“Selfs die beste ontleders het nie ’n idee van die felheid van die interne aanslag deur die oorblywende staatskapers nie. Hulle daal selfs tot op die vlak om die president se TV-boodskap met die verkeerde een om te ruil.
“En hou maar dop. Hoe nouer die vervolgingstrop om hulle trek, hoe desperater en gevaarliker gaan hulle word.”