Dit is baie moontlik dat die DA-leier, Mmusi Maimane, die twyfelagtige eer sal hê om die laaste spyker in die doodskis van die georganiseerde liberalisme te slaan.
Onder die leierskap van Helen Zille het die DA geblom en by implikasie ook, dog krampagtig, die liberalisme.
Maimane, Zille se keuse om haar as partyleier op te volg, het die liberalisme aanvanklik sterk laat figureer, maar dinge lyk nou bepaald anders – in ’n negatiewe sin.