Ek het al baie gewonder oor soveel vroue se oorheersende begeerte om hul dogtertjies aan skoonheidswedstryde of modelkompetisies te laat deelneem.
Hulle bestee ’n klein fortuin aan klere wat heeltemal te volwasse lyk aan klein strykplanklyfies. En kry professionele grimeerders om daai lippies die perfekte skakering van rooi te kry. Gaan deesdae selfs so ver as om hul wenkbroue permanent te laat fatsoeneer.
Dan kom die ure en ure se oefening op die maat van presies die regte musiek om die poppie te leer om die verhoogpronkery te bemeester.