Vier jaar gelede verstom ’n jong boord vol mangoboompies tussen Citrusdal en Clanwilliam my mateloos. Só ’n groot uitgawe midde-in daardie tyd se erge droogte en pas verhoogde brandstof- en arbeidstariewe?
Dis ’n daad so dapper soos John Wayne se “courage is being scared to death, but saddling up anyway”.
Overgezet zijnde – hierdie landbouer se positiewe ingesteldheid was groter as realistiese vrese vir negatiewe gevolge, vleg my gedagtes hieroor. Dis amper net so optimisties as om in die pandemietyd ’n boom te plant: ’n hengse simbool van hoop omdat jy die gedagte koester om nog eendag in sy skadu te sit.