Sy wens sy was daar toe Lufuno Mavhungu geboelie is, skryf Louise Karsten. Sy wens sy kon haar teen die boelie beskerm en sy wens sy kon probeer het om die kinders wat alles dopgehou het laat verstaan het dat dit nie ’n prestasie is om ’n boelie te wees nie.
Ek wou nie die video kyk waarin die 15-jarige Lufuno Mavhungu, ’n skoolmeisie van Limpopo, herhaaldelik deur ’n medeleerling deur die gesig geklap word nie.
Maar ek het dit gekyk, want dit is wat in ons skole gebeur.