Navorsing deur Keith Lockwood, ’n dosent by die Gibs-sakeskool, toon die verlening van krediet op kort termyn was in die derde kwartaal van 2021 onder druk, veral weens stygende inflasie en hoër werkloosheid.
Dié bevinding spruit uit die jongste Altron Fintech-impakstudie na korttermynkrediet, wat die finansiële penarie van mense in die laer-inkomstegroepe bevestig. Slegs 33% van aansoeke om korttermynkrediet is in die derde kwartaal van verlede deur finansiële instellings goedgekeur, teenoor die 36% in die vorige kwartaal.
Nóg navorsing deur Altron Fintech toon die finansiële standvastigheid van die gemiddelde huishouding in Suid-Afrika het in die vierde kwartaal van 2021 effens verbeter, maar is steeds laer as twee jaar gelede (vóór die pandemie).