Die hoër onderwyssektor in die land staan weer voor talle uitdagings, maar dit is dalk goed om te onthou dat elke uitdaging ook in ’n geleentheid omskep kan word, skryf Leslie van Rooi.
2022 het soos ’n warrelwind begin.
Ons het vir ’n oomblik gedink dat daar tyd vir diepe bepeinsing sou wees ná die afsterwe van emeritus aartsbiskop Desmond Tutu en die waardige gedenkgeleenthede wat gevolg het.