Ons land kan nie weer met iets só aakligs en wreeds as die doodstraf eksperimenteer nie, skryf Willem Fransman Jr.
“As jy nie iets gevind het om jou lewe voor af te lê nie, dan is jy nie geoorloof om verder te lewe nie,” het Martin Luther King Jr. gesê.
As hierdie opmerking al ooit op iemand se lewe van toepassing was, dan was dit beslis dié van my ontslape vriend en hardloopmaat, Koert Uranne Meyer. Hierdie afgetrede skoolhoof was passievol en het die meeste van sy beskikbare tyd aan sy saak gewy.