Daar was ’n strandhuis op Astonbaai wat ’n baie kenmerkende reuk gehad het. Dis die reuk van slapbandboeke, vakansieleesboeke, soos Louis L’Amour se cowboystories of Stephen King se rillers of ’n Robert Ludlum of iets van Frederick Forsyth.
Daar is mense wat so lief is vir die reuk van ou boeke dat iemand selfs al ’n parfuum ontwerp het wat dié reuk naboots.
Dis ’n reuk wat natuurlik kan verskil van huis tot huis en van boek tot boek.