Jare gelede het ek by die Van Bergens ’n strokiesprentboekie gesien wat verskillende kyke op die lewe besonder goed en ironies raakvat.
Dis mos wat strokiesprente doen. Trouens, hierdie betrokke boekie gee die ideale verduideliking van hoe mense gebeure en situasies, en by implikasie die verlede, verskillend ervaar en vertolk.
Die strokiesprentboekie, It Looks Like This: A Point-of-view Book, het in 1949 uit die pen van Irma E. Webber verskyn. Dit is geadverteer as: “An excellent introduction for children under 7 years old.” Maar maak geen fout nie – dit is eintlik ’n les vir volwassenes.