Kapt. Robert Falcon Scott en sy span was nie eerste by die Suidpool soos hulle gehoop het nie, maar sy dagboekinskrywings het die ganse mensdom se harte aangeraak. Willem Fransman jr. skryf hoe hy op sy gedenkteken in die Kaapse middestad afgekom het.
Die treurige verhaal van die Engelse avonturier en ontdekkingsreisiger kapt. Robert Falcon Scott is een waaroor daar amper nie meer gepraat word nie. Veral ’n nuwe geslag sal egter baie kan leer uit die wedervaringe van hierdie gemotiveerde man.
Tot kort gelede was ek bewus van ’n standbeeld wat iewers in Kaapstad vir hom en sy makkers opgerig is. Maar die presiese ligging was nooit aan my bekend nie . . . tot taamlik onlangs.