Dit is ’n inspirerende plan van Mxolisi Siyonzana, ANC-burgemeester, dat Mangaung vir gas gaan boor en dan naas Beaufort-Wes die tweede munisipale gebied in die land gaan wees wat onafhanklik van Eskom is. Watter huishouding wil nie klaarkom sonder Eskom nie?
Tewens, Siyonzana sou sy blink plan selfs verder kon voer. Soos Volksblad jare gelede op ’n dag tot konsternasie van die volk berig het oor Naval Hill in Bloemfontein wat met stootskrapers en laaigrawe platgemaak en die grond in Kimberley se Groot Gat gegooi gaan word. Die platgestote heuwel en opgevulde Gat sou aan die onderskeie stede lewensruimte bied.
Die datum van die berig was 1 April.