Die stryd van Renate Barnard vir regmatige bevordering in die polisie is alombekend. Rassediskriminasie het haar ondanks bekwaamheid, werkprestasie en geskiktheid van bevordering beroof, is aangevoer. Die konstitusionele hof het toe bevind dit was nié verkeerd om bevordering te weerhou op grond daarvan dat sy wit is nie.
Minder bekend is die gevalle van drie ander knap ampsdraers, Evered Poole, Marshall Clarke en Gideon Roos, wat poste wat hulle reeds beklee het, moes ontruim. Genl.maj. Poole, ’n gevierde soldaat, en Clark, Spoorweg-hoof, was Engels én soos Roos, direkteur-generaal van die SAUK, het hulle nie noodwendig partybeleid gesteun nie. Roos het aangedring op onberispelik regverdige beriggewing en kommentaar, sonder politieke bevoordeling.
Dit het gebeur in 1948 toe die NP aan die bewind gekom het of in die jare daarna, 60 jaar voor die Barnard-geval.