Tydens ’n Israel-besoek in Oktober lees ons – op Netwerk24 – rowers het ’n Duitse toeris by die Krugerwildtuin se Numbi-hek doodgeskiet.
Om in die buiteland toestande daar met tuis te vergelyk is sekerlik menslik, dog nie noodwendig akkuraat nie.
Hoe kry ’n mens in ’n week ’n greep op die bestaanswerklikhede van ander lande?