Die onlangse probleme met die kragnetwerk wat tot ontwrigtende beurtkrag gelei het, het (weer) by baie die vraag laat ontstaan of Suid-Afrikaners in ’n mislukte staat bly.
Onheilspellende fluisteringe oor fase 8-beurtkrag of selfs ’n algehele ineenstorting van die kragnetwerk (hoewel so iets glo nie sommer sal gebeur nie), het baie mense genoop om te sê die staat is onomkeerbaar op pad na mislukking.
Die antwoord op die vraag of Suid-Afrika ’n mislukte staat is of nie, hang natuurlik af van waar jy bly.