Wat beteken die nuwe rigting wat die Verenigde State oor aborsie inslaan vir Suid-Afrika, vra Georgia du Plessis.
Die Amerikaanse federale hooggeregshof se besluit om die seminale Roe vs. Wade-uitspraak (wat vroue se reg tot ’n aborsie waarborg) nietig te verklaar het die wêreldwye aborsie-debat nuwe stukrag gegee.
Die eerste skudding was natuurlik die feit dat die uitslag van die saak tussen Dobbs en die Jackson Women’s Health Organization vooraf uitgelek het.