“Dit was ’n groot fout aan ons kant,” het pres. Cyril Ramaphosa erken oor die ongereelde vergaderings van die Nasionale Veiligheidsraad in die tydperk voor die onluste in Julie 2021.
In sy getuienis voor die Menseregtekommissie oor die onluste – wat steeds dreig om een van die hoofelemente van die definisie van sy termyn te word – sê hy: “Daardie vergaderings het deur die krake geval.”
Hy gee dan ook die Covid-19-pandemie die skuld daarvoor.