Vanjaar se Erfenisdag was iets anders, skryf Leslie van Rooi oor sy ervaring op die terrein van die Hardekraaltjie-begraafplaas. Dit was ’n geleentheid om pynlike verhale te hoor en om gesamentlik te probeer om iets daaraan te doen.
Erfenismaand bied die geleentheid om ons erfgoed uit te pak, te ondersoek en om dit met ander te deel.
So gebruik ons die maand, en Erfenisdag dalk spesifiek, om iets van ons stories met ander te deel, te ontdek en om nuwe stories te begin.