’n Aanduiding van hoe goed ’n land se mediese sorg is, is om na die oorlewingsyfer van babas te kyk – veral dié van vroeggebore babas.
Babas wat voor nege maande gebore word, benodig dikwels spesiale mediese sorg. En hoe meer weke voor nege maande dit gebeur, hoe moeiliker raak dit.
Babas wat voor 24 weke gebore word en minder as 1 kg weeg, oorleef selde. Maar die groep bo dit het ’n goeie kans indien die neonatoloog sy of haar storie ken.