ronkedoor s.nw. Olifantbul wat uit ’n trop verstoot is, of wat alleen hou. – Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Hoofredakteur: W.F. Botha.
Dit is nie net mense wat hulle eenkant hou of verstoot word nie. Eendag het ek die Italiaanse Mario Zucchelli-basis in Terra Nova-baai in Antarktika besoek.
Ek het voor in die kajuit van die Hercules L100-30 gesit toe die vliegtuig ná ure van Christchurch in Nieu-Seeland langsaam begin daal. Ons het oor skerpwit landskappe gevlieg met ys en gletsers wat oneindig ver voor ons uitgestrek het.