koala s.nw. Australiese buidelbeer. – Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Hoofredakteur: W.F. Botha.
Hierdie rubriekskrywer het verskillende werke in sy jeug gehad: druiweplukker; uitsmyter; kelner; by die Poskantoor het ek nie lank gehou nie, want ek moes deur die ou telefoongids blaai en spelfoute soek. Alle werk is edel en elke voëltjie sing soos hy gebek is.
Tog is daar argetipes wat in verskillende winkels werk (en ek veralgemeen seker hier) wat fassinerend is. Ek maak gereeld notas van mense in verskillende milieus.