snoeperd s.nw. Iemand wat lekkerbekkig is. – Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Hoofredakteur: W.F. Botha.
Ek het ’n stokou eksemplaar van die matriarg van kookboeke Mrs. Beeton’s Book of Household Management. Die inskripsie voorin verskaf die datum 7 April 1927. Dit eerste boek is op 1 Oktober 1861 gepubliseer.
Wat fassinerend is, is hoe die wêreld vir vroue (ten goede) verander het sedert daardie dae toe hulle hul plek moes ken en sorg dat manlief verafgod word. Eintlik ironies, omdat die storie loop dat sy sifilis by haar eie man opgedoen het en op 28 dood is. Hy het glo by ’n nagblom geslaap.