bacchant s.nw. Vereerder van Bacchus. Dronkaard. – Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Hoofredakteur: W.F. Botha.
Die tiener kon snags hoor as almal slaap hoe sy pa in die kombuis die bottel Mainstay Cane Spirit se prop draai. Dan die glas wat volgemaak word.
Hy onthou tot vandag toe die geluid van die rooi stoel wat skuif sodat sy pa by die tafel kon sit. Een nag, dit was so 03:00, het hy gaan kyk.