Stockholmsindroom s.nw. Verskynsel dat iemand wat as gyselaar aangehou word mettertyd tydens sodanige verbod positiewe gevoelens begin koester teenoor die persone wat dit gedoen het. – Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Hoofredakteur: W.F. Botha.
Net soos ’n mens dink die lewe is goed en mooi, kom die NG Kerk weer met hul eentonige getjommel oor gay mense. Onlangs is dit iets oor die huweliksformulier.
Hul beheptheid met queers grens nou aan ’n chroniese seksuele fetisj wat grillerig is. Die land is honger vir geestelike berading omdat ons in ’n plek vol trauma uit die verlede woon.