Hansie-my-kneg s.nw. Onderdanige dienskneg, handlanger, bedien. – Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Hoofredakteur: Phillip Louw.
Lizzie Andries is dood. Dié tyding het donkernag per WhatsApp gekom, soos met die sekelmaan. Sy het keelkanker gehad en was 73.
Lizzie is nie ’n voetnota in ons land se geskiedenis nie. As jy wit is, was daar waarskynlik ’n Lizzie in jou huishouding. ’n Huiswerker wat die ruggraat van menige woning gevorm het.