Sprinkaanjare: Die sprinkaanjare. Droë en moeilike jare. – Pharos: Spreekwoorde en ander segswyses: Redakteurs: Anton Prinsloo, Leon & Amanda de Stadler.
Baie dele van die wêreld ly tans aan die sprinkaanjare, maar nie as dit by nuwe Afrikaanse naslaanwerk en woordeboeke kom nie. Pharos doen uitstekende werk op hierdie gebied.
Een so ? boek is die derde hersiene uitgawe van segswyses gemik op skrywers, weetgieriges, leerlinge, taalliefhebbers en almal wat nog onthou hoe kleurvol Afrikaans vroeër jare gebruik was, veral op die platteland. Daar is Engelse ekwivalente.